DIE SEWE GEESTE van GOD. BACK TO THE ISLAND. WORD FOR NAMIBIA BACK TO THE HOLY of HOLIES FATHER'S LOVE AND WARNING FOR 2012 TO WALK WITH FATHER LIKE ENOCH DID. CHANGING OF THE GUARDS OP DIE WIEKE VAN GELOOF
 
ADE  YAH  LOVE Logo
 
 

  JOIN OUR MAILING LIST
  Join Mailing List
 
  Name & Surname
     
  Email
     
  Mobile no
     
Please calculate the following and enter the answer below
  1 plus 3 + 4 = ?
 
Bookmark and Share
HALACHAH

In Halachah, wat in kort beteken: ‘The way one walks’, beskryf ek die gebeure van die periode wat begin het, nege maande nadat ek die eerste openbaring by die See van Galilea ontvang het.

Ek was in die proses om die eerste boek, Geheime van die hel ontbloot, gepubliseer te kry, terwyl die openbarings van Abba-Vader steeds voortgegaan het.

Aanvanklik het ek nie verstaan nie, maar dit was eintlik ʼn wonderlike pad wat Vader verder met my begin loop het.

Kortliks wil ek dit so beskryf: Wanneer ons Hemelse Vader aan iemand ʼn spesifieke opdrag gee om uit te voer, sal Hy in Sy liefde en getrouheid so ʼn persoon eers ten volle voorberei, voordat Hy hom of haar uitstuur en sę:

“Gaan en doen wat Ek jou beveel.”

In Jeremia 1:17, kry ons die pragtige voorbeeld van hoe Vader die profeet Jeremia ten volle toegerus het vir die spesifieke opdrag; om as profeet vir nasies op te tree.

In Halachah, wil ek u as leser saam met my op so ʼn reis van gehoorsaamheid en voorbereiding neem. Daar was tye dat ek werklik beangs was omdat ek so baie dinge nie kon verstaan nie en die inhoud van die openbarings soveel dieper was as voorheen; maar die liefde waarmee Vader my bemoedig het, het my telkens in sprakelose verwondering gelaat. Hy is altyd in beheer, wat Sy grote plan ookal mag wees.

Die openbarings wat Halachah voorafgegaan het, is opgeteken in die publikasies, Geheime van die hel ontbloot en Geheime van die hemel ontsluit. Beide hierdie titels is ook in Engels beskikbaar.

Bestellings kan by my geplaas word by epos-adres:

villas@mweb.co.za

Koste per boekie is R120.00 wat posgeld binne Suid-Afrika insluit.