{{item.currency}} {{pricing}}





{{item.currency}}{{pricing}} {{item.currency}} {{item.normalPrice}}



{{item.currency}} {{pricing}} - Out of Stock

   

 

 

 

 

                                              

                                                        

                                                                             

        

Ter verduideliking wil ek graag vertel hoe dit gekom het dat Vader my die Hemel gaan wys het.

Op die 12de Junie 1960 op vyftienjarige ouderdom, het ek Jesus as my Verlosser aangeneem, maar dit was eers gedurende Junie 2005 dat ek met die Heilige Gees gedoop is.  Daarna het Vader my hele lewe kom omkeer.

Tydens 'n besoek aan Israel in 2007, het ons groepie in 'n gastehuis by die See van Galilea tuisgegaan. Een oggend om vyfuur het Vader my wakker gemaak en my in 'n visioen die ingang na die Hel (Hades) gaan wys.

Dit was soos 'n diepdonker gat wat in die aarde afgegaan het. Metershoë soliede wande het dit onmoontlik gemaak om vanuit hierdie bodemlose put terug te keer. Vir ongeveer 20 minute lank het Vader my laat beleef hoe dit voel om in die donkerte van Hades vasgevang te wees en die magteloosheid te ondervind om nooit weer te kan terugkom nie. Dit was die mees angswekkende ondervinding wat ek beleef het en ek sal alles doen om te keer dat enigiemand daar beland.

Vader se stem was hoorbaar duidelik toe Hy vir my sê: “Mense wat na die donker dieptes van die ewige verdoemenis gaan, sal nooit weer daaruit kan terugkom nie. Gaan vertel dit vir My kinders.’’

Onnodig om te beskryf dat ek in 'n totale toestand van skok verkeer het en vir dae aaneen getraumatiseer was waartydens ek aanhoudend in trane was. Die oggend van ons vertrek uit Israel het ek op die plat dak van die gastehuis waar ons die laaste nag in Jerusalem oorgeslaap het, gesit en uitgekyk oor die stad. Skielik het ek weer ‘n visioen van Hades gesien, maar met 'n verskil: Die keer het Jesus Christus, die Messias, op die rand van die afgrond gestaan. Sy rug was na die ingang van die hel gekeer.

Weer kon ek die volgende woorde hoor: “Dit is net Jesus wat kan keer dat mense verlore gaan. Gaan vertel My kinders: Jesus is die Weg, die Waarheid en die Lewe.  Niemand kan na My toe kom behalwe deur Hom nie.’’

Met ons terugkoms in Suid Afrika, was ek nog steeds in 'n toestand van skok. Ek het en kon met niemand oor die visioene praat nie. 'n Paar dae later is een aand tydens 'n profetiese bediening die volgende aan my geprofeteer en het dit vir my as bevestiging gedien dat Vader God besig is om met my 'n pad te loop. Die profeet se woorde aan my was: “Jy het deur hel gegaan in jou lewe, en jy was in der waarheid onlangs in die hel. Maar in hierdie uur gaan daar nog bygevoeg word.’’

Onnodig om te sê: Ek was histeries bang om weer die ervaring van die hel te beleef en ek was nie eens heeltemal seker wat die profesie ingehou het nie. Min het ek egter geweet dat ek, vergesel deur 'n engel, binne die bestek van twee maande, sewe keer deur die Gees van God afgeneem sou word na die dieptes van Hades sodat ek kon terugkom en alles in boekvorm neerskryf.

Nadat ek drie maande van absolute verskrikking moes beleef, onder andere die werklikheid van die hel, het Vader my bederf met hierdie byna onbeskryflik, wonderlike, geestelike reise waar ek daagliks opgeneem is na die Hemel. Hierdie bonatuurlike, geestelike ondervinding is soos 'n liefdesverhaal. Die verhaal waarin ek my geliefde Jesus werklik so intiem kon leer ken en Sy onbeskryflike liefde vir Sy kinders kon ervaar. Niks sal ooit hierna weer dieselfde wees nie.

Mag hierdie verhaal, hierdie geestelike reise, vir u 'n onvergeetlike ervaring wees.  'n Openbaring wat ook by u die honger sal aanwakker om hierdie Jesus Christus so intiem te leer ken as wat ek Hom leer ken het. Niks wat enigeen sê of dink sal iets verander aan wat ek beleef het nie. Ek kyk nooit weer terug nie. Ek draai nooit weer om nie. Ek weet wat daar in die Hemel op my wag. Ek weet dat ek met my dogtertjie Erika, wat lank gelede tydens geboorte oorlede is, verenig sal word, want ek het haar daar van aangesig tot aangesig gesien. Ek weet dat my ouers reeds daar op my wag, want ek het hulle Hemelse woonplek gesien. Ek weet dat my Vader op my wag, want ek is soveel keer saamgeneem tot in die Troonkamer van die Koning van alle Konings.

Waarom het Vader my dit alles laat beleef, mag baie miskien vra. Daarop kan ek net antwoord: Ek moes deur die vuur gaan. Ek moes die hel hier op aarde in my leeftyd al beleef. Ek moes selfs in die hel afgaan sodat ek die boodskap van Vader aan Sy geliefde kinders kan kom afgee.       

INHOUDSOPGAWE

  1. Profesië wat die boek voorafgegaan en in vervulling gekom het.
  2. ‘n Week later volg nog ‘n profetiese woord
  3. Lering: Die amandelstaf
  4. Die wiel
  5. Deure swaai oop
  6. Die klip
  7. Voorbereidings
  8. Die rok word gemaak
  9. God se rus
  10.  Bedagsaamheid
  11.  Musiek
  12.  Geure van die blom
  13.  Opneem van die arend
  14. Volgende dimensie
  15.  Eerste dansles
  16.  Kyk op
  17.  Die geboorte
  18.  Die rooi mantel
  19.  Les nommer drie
  20.  Volkome vryheid
  21.  Die babakamer
  22.  Die traankamer
  23.  Wag voor die deur
  24.  Verdere voorbereiding
  25.  Die Tuin van Eden
  26.  Les nommer 9
  27.  Genesing
  28.  Water wat genees
  29.  Trappe
  30.  Die wit klippie
  31.  Die robyn
  32.  Die sterrestelsel
  33.  Lering
  34.  Oog van ‘n arend
  35.  Nagtelike besoeker
  36.  Arend in die Troonkamer
  37.  Die kosmos
  38.  Die smal bruggie
  39.  Die pers roos
  40.  Skool van die lewe
  41.  Vlamme in handpalms
  42.  Dag van die Eerste vrug
  43.  Waters van Wysheid
  44.  Die Goue Stad
  45.  Ompad
  46.  Sabbatsrus
  47.  Amandelolie
  48.  Die balle
  49.  Oordrag
  50.  Die sewe watervalle
  51.  Die biblioteek
  52.  Vallei van Hoop
  53.  Roering van die wind
  54.  Groen watervalle
  55.  Meer rus
  56.  Gesprek
  57.  Onderskraging
  58.  Groen tuine
  59.  Dieper visie
  60.  Isha en Ishi
  61.  Hoekstene
  62.  Fontein van Liefde
  63.  Mikroskopiese inplanting
  64.  Oujaarsaand-diens
  65.  Kroon, olie en mantel
  66.  Lering van die Meester
  67.  Dans
  68.  Gesprek
  69.  Wag
  70.  Silwer armbande
  71.  Bevestiging
  72.  Kaalvoet
  73.  Keuses
  74.  Die verbond
  75.  Nuwe rok
  76.  Nuwe seisoen
  77.  Visoen
  78.  Arend met ses vlerke
  79.  Tweede droom

80.  Slot